Die verste uur

Die verste uur

AfrikaansEbook
Hofmeyr, Steve
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781770222069
Temporarily unavailable title
Currently not available to download
CZK 150
Common price CZK 167
Discount 10%

Available formats

Detailed information

Jy’s ’n skaam student. Gemiddeld maar nuuskierig. In die oë van die meisie van jou drome is jy ’n bleeksiel. Jy is platsak en gryp die eerste die beste geleentheid aan om ekstra sakgeld te verdien deur ’n vermiste professor se studeerkamer op te ruim. Hier ontdek jy sy navorsing oor ’n komponis, maar ook ’n liefdesbrief aan sy vrou waarin hy sy verdwyning aan haar verduidelik. Dié steek jy weg om later in jou koshuiskamer te gaan bestudeer. Dit is ’n doodsonde, want oornag ruk daardie brief jou uit jou saai bestaan. Jy word skielik wakker in die liggaam van jou oupa­grootjie, ’n bang bode in die middel van die Anglo-Boereoorlog. In die verwarring versuim jy om generaal Cronje se boodskap van oorgawe oor te dra. Hierdie misstap het yslike gevolge: die Boere verpletter die Kakies in ’n onverwagte veldslag. Brittanje onttrek en … kaplaks … jy’s terug in 2011. In Pretoria. Akasiastad (jakarandas was ’n Britse konsessie!). Beatrixstraat is daar, maar Hamilton se naam is nou Ignatius Ferreira. Dis nog niks. Die meisie van jou drome, wat jou in jou voormalige heelal ignoreer, is smoorverlief op jou in hierdie heelal, waar jou nuwe meisie ’n nimfomaan is! Jy het een uur en een kans om terug te gaan. Vraag is: sou jy?In sy spanningsvolle nuwe boek maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis. Hy roer plek-plek omstrede kwessies aan, maar soos in al sy werke word die leser gekonfronteer met verrykende vrae oor die liefde, oor keuses, oor wie ons is en waar ons inpas. Vintage Hofmeyr.
EAN 9781770222069
ISBN 1770222065
Binding Ebook
Publisher Penguin Random House South Africa
Publication date June 27, 2011
Pages 128
Language Afrikaans
Authors Hofmeyr, Steve